357x Filetype PDF File size 1.53 MB Source: www.dbnl.org
Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
S.J. du Toit
editie H.J.J.M. van der Merwe
bron
S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels (ed. H.J.J.M. van der Merwe). J.L. van Schaik,
Pretoria 1968
Zie voor verantwoording: https://www.dbnl.org/tekst/toit001patr01_01/colofon.php
Let op: boeken en tijdschriftjaargangen die korter dan 140 jaar geleden verschenen zijn, kunnen
auteursrechtelijk beschermd zijn. Welke vormen van gebruik zijn toegestaan voor dit werk of delen
ervan, lees je in de gebruiksvoorwaarden.
V
Inleiding
1. Ek het hierdie heruitgawe van die PATRJOT-WOORDEBOEKonderneem
omdatekglodatdieSuid-AfrikaanseAkademiemetsyserie‘Teksuitgawes’'ngroot
diens bewys aan die taalstudent deur op hierdie wyse vir hom toegang te verleen tot
ons ouer bronnemateriaal. Daar word voortdurend deur dosente, en in taalkundige
werke, verwys na ons ouer leksikografiese werke, maar weinig studente kry die
geleentheidomhierdiewerketerinsaetekry-diemeestebibliotekebesithoogstens
een enkele eksemplaar en dié word nie uitgeleen nie. Daarbenewens het sommige
stukke nog nooit in druk verskyn nie. Vir behoorlike (vergelykende) bronnestudie
is dit noodsaaklik dat hierdie ouer monumente in die Afrikaanse taalgeskiedenis
toeganklik moet wees vir elke student van Afrikaans, wat ongetwyfeld ook moet
bydra tot 'n duideliker begrip van Afrikaans in sy Dietse verband.
Daar bestaan lank reeds groot behoefte aan 'n behoorlike historiese grammatika
van Afrikaans, en dit kan bespoedig word met die beoogde reeks teksuitgawes,
waardeur die nodige bronne beskikbaar gestel kan word.
2. Die onderhawige werk, die Patriot-woordeboek, was die vervulling van art. XI
van die Genootskap van Regte Afrikaners se werkprogram. Die Patriotmanne, en
veral die leier, ds. S.J. du Toit, het die samestelling van 'n woordeboek van die
Afrikaanse taal uit die staanspoor gesien as 'n ideaal, maar hulle het ook besef dat
dit 'n groot taak was wat nie meteens volbring kon word nie.
Intussen was verskeie persone besig met die saamstel van woordelyste. Na my
kennis is Antoine Nicolas Ernest Changuion (1803 - 81) die eerste wat 'n dusdanige
lys aangelê het. As professor vir klassieke en moderne tale aan die pasgestigte
Zuid-Afrikaansche Athenaeum (later Universiteit van Kaapstad) het hy hom, in sy
yweromNederlandstebevorderinSuid-Afrika, toegelê op die versameling van
‘barbarismes’, dus van ‘afwykende Nederlandse taalgebruik’. In 1844 (2de druk
1848) publiseer hy sy belangrikste werk: De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika
hersteld, zynde een handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselyke behoefte
vanhetlandgewyzigd.Disinhoofsaak'ngrammatikaboek,maaragterinverskynsy
bekende Proeve van Kaapsch Taaleigen. Dit beslaan sowat 20 bladsye en bevat
woordewatbetrekking het op die taalgebruik in Kaapstad. Met hierdie werk het hy
nie net die grondslag gelê vir woordeboekmakery in Suid-Afrika nie, maar hy het
ook die weg aangedui vir die Afrikaanse woordondersoek, dus vir 'n studie per se
vanAfrikaans,'ntaalwattoereedssoverontwikkelhetdathywetenskaplikeaandag
verdien het. [L.W.: die werk en betekenis van Changuion en ander voorlopers word
breedvoerig deur my behandel in een of twee verdere dele wat eersdaags onder die
titel Leksikologiese arbeid tot 1900 in hierdie serie sal verskyn.]
NaChanguionverskyndaarkorteroflanger‘woordelyste’vanoa.D.U.M.(English
and Cape Dutch, 1872), H.A.L. Hamelberg (Het Nederlandsch in den
Oranje-Vrystaat, 1879), Theod. M. Tromp (De Afrikaansche Taal, 1879), F. Baron
van Hogendorp (in 'n bespreking van Tromp se boek, 1879), adv. Wessels (Cape
Dutch,1880),H.C.V.Leibbrandt(HetKaapschHollandsch,1882),C.Stoffel(Eene
wettige dochter der Hollandsche Taal, 1882), N. Mansvelt (Kaapsch-Hollandsch
Idioticon, 1884), J. te Winkel (Het Nederlandsch in Noord-Amerika en Zuid-Afrika,
S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
1896-hyhetveralgeputuitChanguionenMansvelt),ds.WillemPostma(Afrikaanse
woord-
S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
VI
gebruik, 1896 - in ms.), D.C. Hesseling (Het Hollandsch in Zuid-Afrika, 1897), G.J.
Boekenoogen(Afrikaansch en Noord Hollandsch, 1903).
Totrondom1900isvoorgaandediebelangrikste,moontlikdieenigste,watopdie
gebied van die Afrikaanse leksikologie iets gedoen het. Tot dusver weet ek nie van
ander stukke nie, behalwe dié van A. Pannevis. Hieroor iets meer, want dit is 'n
belangrike vonds.
In sy Afrikaanse Spreekwoorde en Verwante Vorme (Bloemfontein 1924, p. 3)
skryf D.F. Malherbe: ‘Pannevis is in 1884 oorlede, sodat sy taamlik lywige
versameling afrikanismes, in handskrif bewaar na sy dood deur Ds. S.J. du Toit en
teenwoordig in besit van Dr. J.D. du Toit, waarskynlik al in die sewentige aangelê
is. Hoewel dit die spraak van Pêrel en omgewing weergee, met hier en daar 'n los
strooisel van Onderveldse eienaardigheid, en vandag hoofsaaklik historiese waarde
het, bly dit 'n vername verdienste van Pannevis met sy praktiese kennis van 'n hele
aantal Wes-Europese tale dat hy die pad geopen het vir belangstelling in Afrikaans
metsuiwer wetenskaplike oogmerk.
Die Hs. self is onafgewerk; menige kopstuk verskyn sonder aanvullende
aantekening, ook daar waar 'n verklaring gebiedend was, terwyl meer as een
aantekening onklaar bly lê het. Ook kom 'n mens teë enkele aanvullinge in potlood
in die handskrif van Ds. S.J. du Toit wat die versameling noukeurig gelees het by
die samestelling van die Patriot-woordeboek. Die vier eerste bladsye van die Hs.
watuitongeveer370bladsye(71/2×5duim)bestaan,hetverloregeraak.Ekherinner
mynogdatbyeerstekennismakingdaarmeeongeveer16jaargelededieheleeerste
bladsy gehandel het oor die kindertaalwoord a.’
OokS.P.E. Boshoff verwys hierna in sy artikel ‘'n Standaardwoordeboek van
Afrikaans’ in die Gedenkboek ter ere van die Genootskap van Regte Afrikaners
(Potchefstroom, 1926). Op bl. 311 skryf hy: ‘Arnoldus Pannevis, die man wat so
veel te doen gehad het met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners in
1875, het 'n lys aangelê van Afrikaanse woorde, woordvorme, woordbetekenisse en
woordverbindinge, 'n lys wat totnogtoe nie in druk verskyn is nie, waarvan die
manuskripaanDr.J.D.duToitbehoortenwatbyProf.J.J.Smithberus.’Danverwys
hy na D.F. Malherbe (hierbo aangehaal).
Intussen het die bekende snuffelaar, prof. P.J. Nienaber, wat self nie hierdie ms.
kon opspoor nie, my 'n faksimilee laat kry van 'n brief van Mansvelt van 9 Junie
1884, waarin hy aan Pannevis o.a. skryf: ‘Daar 't U tot mijn leedwezen onmogelijk
schijnt te zien (lees: zijn), U arbeid zelf te voltooien, zal ik gaarne de bouwstoffen,
door U verzameld, overnemen om ze voor een mogelijke tweede uitgave van mijn
Idioticon te verwerken. Met 't debiet hiervan gaat 't tot heden maar zwak; toch wil
ik nog niet aan de zaak wanhopen ... Van de voordeelen van de gehoopte tweede
uitgavezalikUnatuurlijkgaarne'tUtoekomenddeelafstaan.’AankollegaNienaber
mydankhiervoor.
Hierdie ‘verlore lys’ (soos Nienaber dit noem) het ek eindelik gedeeltelik
teruggevind! Met die vriendelike bemiddeling van mnr. J. Willemse
(Universiteitsbibliotekaris van die Univ. van Suid-Afrika) het mej. Anna Smith
(dogtervanwyleprof.J.J.SmithentansbibliotekaresseaandieOpenbareBiblioteek
van Johannesburg) weer 'n keer haar vader se ‘papiere’ gefynkam en daaronder het
sy 'n vyftal dun skrifte gekry, waarin haar vader in keurige handskrif die
‘Bouwstoffen’ van Pannevis oorgeskryf het. Maar ook hier ontbreek die eerste 4
S.J. du Toit, Patriot woordeboek: Afrikaans-Engels
no reviews yet
Please Login to review.